1 of 11

Slide Notes

DownloadGo Live

Afrikaans GTA

No Description

PRESENTATION OUTLINE

PASSIE

Die Brandstof Voor Jy Eigen Motor

As jou passie groter is as jou vrese en bekommernis, sal jy ń manier vind

INGRID JONKER

Die Kind

INGRID JONKER

  • Gebore: 19 September 1933
  • Ma en pa het geskei
  • Dood: 19 July 1965
  • Selfmoord
  • Depressie

Die kind is nie dood nie

die kind lig sy vuiste teen sy moeder

wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide

in die lokasies van die omsingelde hart


Die kind lig sy vuiste teen sy vader

in die optog van die generasies

wat Afrika skreeu skreeu die geur

van geregtigheid en bloed

in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie

nòg by Langa nòg by Nyanga

nòg by Orlando nòg by Sharpville

nòg by die polisiestasie in Philippi

waar hy lê met 'n koeël deur sy kop


Die kind is die skaduwee van die soldate

op wag met gewere sarasene en knuppels

die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings

die kind loer deur die vensters van huise en in die harte

van moeders

die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals

die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika

die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld


Sonder 'n pas

WAAROM?

Moët ons poesie doen in skool?

DIE EINDE

Dankie